fbpx

Waarom Bid?

-

Waarom Bid?

Baie welkom by Gebedsreis – God se uitnodiging, blog. Ek deel hier my eie opinies, ervarings en hoe ek God beleef. Ek is vas oortuig dat wat ookal uit my pen voortkom deur die Heilige Gees geïnspireer is.

Nou waarom is dit nodig om te bid? Miskien moet ek eers ‘n definisie van gebed gee… Dit is ‘n gesprek tussen jou en God, wat diep en innig omgee, oor jou begeertes, behoeftes, gevoelens en drome

Hmmm… nee dit is nie ‘n ritueel nie

                 Nee dit is nie ‘n stortvloed van woorde nie

                 Nee dit is nie ‘n versoek lys nie

                 Nee dit gaan nie oor hoe God jou pyn en jou swaarkry wonderbaarlik moet (soos met ‘n towerstaffie) “fix” nie.

                 JA, dit is ‘n spesiale tyd. Sien dit so…. As jy verlief is… daardie eerste liefde van jou… wat het jy toe gedoen? Ja, soveel moontlik tyd saam met die persoon spandeer om hom/haar beter te leer ken. Presies dieselfde met gebed…. God nooi jou uit om by Hom te kom sit en te GESELS. Vrae te vra oor wat jy nie verstaan in die Bybel nie. Om jou seer met God te deel sonder om te verwag Hy moet dit wegvat. Jy kan versoeke rig maar dit is definitief nie die kern van waarom jy bid nie.

Is gebed ‘n sinvolle gesprek of aksie met God, of is dit net ‘n sosiale noodkreet vir krisistye?

Ek sien dit so…. God het met Adam en Eva elke dag in die aandwind gewandel. (watter besondere beeld) Sien jy, God soek… maar die mens het hierdie spesiale verhouding verbreek. God nooi jou steeds uit, kom wandel met My in die aandwind.

God nooi uit sonder voorskrifte, onvoorwaardelik – nader tot My en Ek sal tot jou nader.

Het jy God lief? Bou dan jou liefdesverhouding met Hom en ontmoet Hom vir ‘n spesiale wandeling in die aandwind.

Tot ons weer ontmoet – Mag empatie, vrede en liefde in oorvloed aan jou geskenk word!

Share this article

Recent posts

Gebedsreis Joernaal/Werkboek

spot_img

Popular categories

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Recent comments