fbpx

Wie is ek?

-

Heilige God en Liefdevolle Vader, dankie vir die voorreg om tot U te nader. Here, ek kom met ‘n leerbare gees om by Jesus van die lewende water te drink en my gees te vul.

Here, wie is ek? Dit is ‘n vraag wat so baie keer in my gedagtes rondmaal.

As ek dan teruggaan na U Woord om die antwoord te vind kom ek by Efesiers uit.

Here ek verstaan die agtergrond waarteen Paulus hier geskryf het. Die tempel van Artemis was in Efese en mense het haar beeldjies gekoop om te verseker dat hulle voorspoed belewe. Die mense van Efese het geglo dat die kragte in die gode hulle lewens op verskillende terreine beinvloed. Die beeld van Artemis het uit verskeie simbole bestaan soos bv. die by wat ‘n lang en gesonde lewe voorstel, ronde balle verteenwoordig vrugbaarheid, die vlieende leeu, goddelike mag en die zodiac beheer en krag van hemelse magte.

MAAK MY U WIL BEKEND, HERE, LEER MY U PAAIE. LAAT U WOORD MY LEI EN ONDERRIG MY DAARIN, WANT U IS MY GOD, MY REDDER

PS 25:4 – 5

Maar U is eg Here

Ef 1:3-13 kry ek die volgende beloftes van U:

In Christus word ek geseën met alle geestelike seëninge

In Christus word ek verryk en volgens Ef1:1 word ek “n heilige” genoem

In Christus is ek reeds voor die grondlegging van die wêreld uitverkies om sonder gebrek te wees

Ek is liefde

Ek is God se kind (maw ek het dieselfde DNA as U?)

Dankie Jesus dat ek vrygespreek is deur U bloed

WOW! Here! Dankie dat U my seën om die verborgenheid van U wil te verstaan.

Hoe kan ek dankie sê vir U genade. Daar is net nie woorde om my dankbaarheid te verwoord nie. Ek is vry!

In Christus ontvang ek alles wat Jesus op aarde en in die hemel van God ontvang het. Ek verloor nie my eie unieke identiteit van wie of wat ek is nie maar word “in Christus” verryk om lof en heerlikheid aan U te bring.

Dankie Heilige Gees dat ek nie hoef te vrees nie, want U is my Leidsman en Raadgewer om in elke situasie die regte besluite te neem.

Vader, hiermee sluit ek af, dankie vir die voorreg om U kind genoem te word en tot eer van U te lewe. Laat U Woord my lei en onderrig my daarin.

Amen

Share this article

Recent posts

Gebedsreis Joernaal/Werkboek

spot_img

Popular categories

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Recent comments