Here, my Here, die Ondersoeker van denke en harte, dankie vir die voorreg om met U te gesels. Dierbare, Heilige Vader, ek weet U ken my hart en my gedagtes maar U wil ook hê dat ek by U voete kom stil raak en my gedagtes met U in gebed deel. Gebed is uiteraard ‘n gesprek en hoe kan my verhouding met U “flourish” as ek nie met U praat nie?
So waar kom die woord “flourish” vandaan? Ek kon dit myself nie glo nie… ek het bloot die woord iewers gesien en toe gaan soek ek in U Woord wat U daaroor sê. Groot was my verrassing toe ek so baie tekste rondom die kernwoord en begrip kry.
Flourish – word verskillend vertaal in die verskillende Bybels
flourish = To bud, sprout, shoot, bloom, to fly (asof met vlerke).
Hmmm ja my God my begeerte is dat my gebedsreis met U so sal “flourish” dat ek op arendsvlerke sal sweef hoog bo al my swakhede.
Ek sal graag “luxuriantly” wil groei in my gebedsverhouding met U… in my elke dag se omgang met U. Dit is vir my belangriker as aardse sukses. As ek dan nou ook daaroor dink, dan dink ek ook dit is U hartsbegeerte, want U het die mens tog goed geskape. U verhouding met die eerste mens was vir my nog altyd die toppunt van die skeppingsstorie. Ek kan myself net indink die wandelinge in die tuin – U nabyheid, grootsheid, liefde. Waaroor sou U met Adam en Eva gesels?
Ek lees toe dat die woord wat “flourishing” die beste beskryf is die Hebreeuse woord “shalom”
Kom lei my nou Heilige Gees sodat ek U waarhede in my hart sal bewaar. Kom reën U goddelikke wysheid oor my totdat ek deurdrenk is van U goedheid en liefde. Stort Shalam oor my uit! Deurdrenk my met U shalam reën. Gee dat U wil my wil word, U Woorde my woorde, want ek wil U volledig volg met verstand, hart en gees. Ek wil U heilige tempel wees. Ek wil dans, soos Dawid voor die ark gedans het, ek wil jubelend soos jong kalwers spring van vreugde. Here help my ook om hierdie hegte verhouding wat ek met U het na ander uit te leef, Laat U liefde, goedheid en genade sigbaar in my lewe wees. Help my dat ek ook tot se%n van ander sal lewe.
Dankie Jesus Christus vir die offer wat U gebring het sodat ek met vrymoedigheid deur U na die Vader kan gaan. Ek hoef nie in vrees te lewe nie, maar ek vrees wel die Lewende God. Ek aanbid die Lewende God, die Skepper van alles wat asem het. Ek eer U met my hele wese en loof en prys U vir al die wonderwerke wat U alreeds in my lewe gedoen het. In stille dankbaarheid huil ek want ek weet sonder U is ek niks, sonder U is ek verlore, sonder U wil ek nie lewe nie.
Ek buig in aanbidding voor U neer en offer myself as U gewillige slaaf, al het U my reeds in Jesus Christus as U kind verhoog besef ek tog my eie nietigheid. Dankie dat ek ook ‘n Koningskind mag wees en mag deel in die ewige erfporsie. Vader laat U wil geskied hier op aarde soos ook in die hemel.
Dankie Heilige God dat U my seën
dat U my beskerm
dat U tot my redding verskryn
dat U my genadig is en my gebede verhoor
En dat U aan my vrede gee! (shalam)
Amen