fbpx

Sterf om the BLOM!

-

Almagtige Heilige Vader, baie dankie vir die voorreg om U aan te roep. Wie is ek sondige mens om voor u te verskyn? Wie is ek om U Heilige Naam op my lippe te neem? Wie is ek Here? U is Heilig en ek smag om te alle tye aan U gehoorsaam te wees.

Ek lees die teks en ek verwonder my aan U wysheid. Ek het nog altyd gedink die gedeelte “koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie” net op Jesus van toepassing was. Jesus (koringkorrel) moes sterf om die mensdom (gelowiges = groot oes) vry te koop

Daarop sê Jesus vir hulle: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word. Dít verseker Ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in

Johannes 12:26-24

Ek mymer oor die gedeelte… koringkorrel wat sterf. Vader spreek tot my hart en verlig my denke, want ek wil net in U Woord, weg, wandel en lig groei.

Dooie koringkorrel – begrawe my eie ek en sondige weë sodat ek deur U lewegewende water kan “flourish.” Eers ‘n enkele sprietjie, dan ‘n blaartjie, en nog een totdat U Woord welig in my groei.

HOE STERF EK AAN MY EIE EK?

Dit is nou ‘n ander vraag, Here. Woorde is maklik, maar dade is wat getuig van wat in my hart en lewe omgaan. Rom 12:2 sê ek moet my denke vernuwe. Ek weet ook dat gedragspatrone wat oor jare gevorm is moeilik is om te verander. Dit is ‘n bose kringloop Here, ek wil anders maar soos Paulus moet ek uitroep – “die goeie wat ek wil die doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil nie dit doen ek”

Dankie Jesus dat U my kom leer het hoe om prakties my lewe te verander.

Vader hier is my plan van aksie!

  1. Ek weier om aanstoot te neem
  2. Ek sal stilbly soos Jesus in moeilike situasies
  3. Ek sal die minste wees soos Jesus leer in Luk 9:48 (Wie die minste onder julle almal is, hy is groot)
  4. Ek sal die ander wang draai – stap weg in konflik situasies
  5. Vergewe soos Jesus
  6. Vertrou op die Heilige Gees om my te help (Rom 8:13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.)

Daarom is my versoek aan U, my Vader en Heerser van die heelal, help my asseblief om in elke situasie bereid te wees om te sterf sodat U verheerlik kan word. Ek wil “BLOM” (flourish) tot eer en verheerliking van U Heilige Naam.

Amen

Share this article

Recent posts

Gebedsreis Joernaal/Werkboek

spot_img

Popular categories

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Recent comments