Jesus bid ook vir jou. Dankie Jesus dat U ook geweet het ek sal U gebed, ondersteuning, beskerming, sorg en liefde sal nodig hê. Wat 'n voorreg dat Jesus ook vir my bid.
Here, wie is ek? Dit is ‘n vraag wat so baie keer in my gedagtes rondmaal.
As ek dan teruggaan na U Woord om die antwoord te vind kom ek by Efesiers uit.