Johannes 1:1 — my lees, my vrae

-

“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.”

Hierdie vers laat my nie los nie.
Nie omdat ek dit nie ken nie —
ek ken dit goed.

Maar omdat ek nie seker is
wat dit regtig beteken nie.

Wanneer Johannes so begin,
kan ek nie help om terug te dink aan Genesis nie.

“In die begin…”

Dis dieselfde woorde.
Dit voel doelbewus.

En toe onthou ek Genesis 1:26:

“Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld…”

Ek lees dit op sigwaarde.
Soos iemand wat dit vir die eerste keer sien.
En dan begin die vrae.

“As ons beeld…”
dan moet ek aanneem:
God is nie net enkelvoud nie.

Verder in Genesis lees ek:
die Gees sweef oor die waters.
God praat.
’n Woord word gespreek.
En dit gebeur.

Nie eers handeling nie.
Eers ’n Woord.

Dit laat my wonder of Johannes hierby aansluit.
Of hy doelbewus teruggryp.
Of hy iets wil bevestig nog vóór hy oor Jesus as mens praat.

Dan raak dit nog meer kompleks:

Die Bybel self word
die Woord van God genoem.

En Johannes sê:

  • die Woord was daar
  • die Woord was by God
  • die Woord was self God

Nie geskep nie.
Nie later bygevoeg nie.
Daar.
By.
Self.

Dit bring my by ’n ander vraag
wat ek nie kan ignoreer nie:

Wie is die skrywer — en hoekom skryf hy só?

Wat sien Johannes
wat ek dalk nog nie raaksien nie?
Wat probeer hy eers vestig
voor hy enigiets anders sê?

Ek het nie ’n samevatting nie.
Net ’n klomp drade
wat mekaar begin raak.

Genesis.
Die Gees.
Die Woord.
God.
“In die begin.”

En ek voel:
miskien moet ek dit eers hier laat lê.
Nie oplos nie.
Net raaksien.

Share this article

Recent posts

Gebedsreis Joernaal/Werkboek

spot_img

Popular categories

Recent comments